Die kerkraad het 'n taakspan opdrag gegee om 'n proponent, oorheersend vir jeugbediening, te identifiseer en so gou moontlik vir 'n tydperk
van 1 jaar aan te stel. Die taakspan het 1 Desember met die 3 top-kandidate onderhoude gevoer. Na 'n deeglike ondersoekproses is dit ons
voorreg om bekend te maak dat mnr Francois Maritz die suksesvolle kandidaat is en dat hy met aanvang 2015 by ons in die gemeente
gaan aansluit.
Ons is van mening dat Francois uitsonderlike vaardighede het om met die jeug te kan werk. Sy ander vaardighede om in verskeie areas in
die gemeente te dien, is baie sterk ontwikkel.

OOR HOMSELF:
Francois is 25 jaar oud en het sopas sy graad aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Sy ouers is woonagtig in
Bloemfontein,
waar sy pa 'n predikant by die Ooshoek Gemeente is. Kleingroep-bediening lê hom na aan die hart. Die ondervinding wat hy oor die
afgelope jare opgedoen het, sluit in: verskeie verantwoordelikhede in jeugbediening, aflos-leraar by 12 gemeentes, ondervinding
van "œpoppekerk". Hy is baie lief om staproetes aan te pak. Hy het ook vanjaar die pad vanaf Bloemfontein tot Kaapstad met 'n
bergfiets oor 11 dae afgelê. Die poging was ten bate van die SA Kanker Vereniging. Hy geniet dit om te lees.
Kontak besonderhede:
Francois sel : 074 559 2243 en sy e-pos adres: francoismaritz89@gmail.com
  
  
