Psalm 9 vers 2: Met my hele hart wil ek U prys, Here. Oor U wil ek my verbly en vrolik wees.


Wie is ons?

Niekie Oosthuizen = Redakteur en gemeentebestuurder
Yvette Erasmus = Webmeester
Wat doen ons?

Ons maak gemeente-aangeleenthede bekend deur middel van die
Kommunikamma in die vorm van weeklikse afkondigings en die kuberkamma, ons e-pos nuusbrief, en op ons webwerf.

Ekstern maak ons aankondigings en/of advertensies en/of berriggewing bekend deur middel van RSG, Radio Kingfisher en Die Burger.

Hoe kan jy by ons inskakel?

Enige iemand is welkom om die webwerf relevant en op datum te hou deur:
Te bid dat alles wat geplaas word, sal bydra tot die verspreiding van die Goeie Nuus.
T bid dat geen inligting wat skade kan berokken of risiko's vir ander gelowiges inhou, geplaas sal word nie.
Inligting, terugvoer en foto's van die diensterrein of kleingroep waarby jy betrokke is, in te stuur.
'n Persoonlike getuienis met almal te deel.
Die webwerf te fynkam vir spelfoute, statistieke van die gemeente wat nie akkuraat is nie en vir foutiewe inligting by jou naam en dit te stuur aan kuberkamma@ngkraggakamma.co.za

Kommunikamma: weeklikse afkondigings

Enige lidmaat mag 'n afkondiging of kennisgewing oor gemeente-sake indien. Jy kan dit e-pos ngkerkkraggakamma of faks 041 360 1484 of skriftelik ingee by die kerkkantoor, nie later nie as Donderdae 09h00. Die predikante besluit saam oor die finale samestelling van elke weeklikse uitgawe. Dit mag soms nodig wees om bydraes te verkort of te laat oorstaan.
Die afkondigings word elke week ook op die webwerf geplaas: Kommunikamma

kuberkamma: e-pos nuusbrief

Kom kuberklets en -koukus saam deur in te skryf om hierdie weeklikse nuusbrief te ontvang en e-pos jou bydraes, terugvoer en voorstelle aan kuberkamma. Ons stuur e-pos sonder om jou adres aan ander intekenare bekend te maak.
Stuur gerus ook foto's na bogenoemde adres. Dit kan slegs geplaas word as dit in verkleinde .jpg-formaat is en met 'n kort beskrywing [datum, geleentheid, tema, name van persone ens] aangeheg is.

Stuur gerus ook foto's na bogenoemde adres. Dit kan slegs geplaas word as dit in verkleinde .jpg-formaat is en met 'n kort beskrywing [datum, geleentheid, tema, name van persone ens] aangeheg is.

Heilige Gees, vul my met genoeg liefde om by my siek buurman se hut in te gaan.
[Gebed uit Afrika -uit Die Groot Gebedeboek]

† Na Bo †
© 2009-2024 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.