Psalm 9 vers 2: Met my hele hart wil ek U prys, Here. Oor U wil ek my verbly en vrolik wees.

Wie is ons?

Niekie Oosthuizen = Redakteur en gemeentebestuurder
Yvette Erasmus = Webmeester
Wat doen ons?

Ons maak gemeente-aangeleenthede bekend deur middel van die
Kommunikamma in die vorm van weeklikse afkondigings en die kuberkamma, ons e-pos nuusbrief, en op ons webwerf.

Ekstern maak ons aankondigings en/of advertensies en/of berriggewing bekend deur middel van RSG, Radio Kingfisher en Die Burger.

Hoe kan jy by die webbediening inskakel?

Jy het nie noodwendig kennis rondom die ontwikkeling van webtuistes nodig nie. Ons sal dit baie waardeer as jy kan help deur die inligting bymekaar te maak en vir ons persgereed te stuur of deur die bypassende foto's te soek. Doen ook asseblief voorbidding vir ons dat alles wat ons op die webblad plaas, sal bydra tot die verspreiding van die Goeie Nuus. Jou terugvoer en insette kan help dat geen inligting wat skade kan berokken of risiko's vir ander inhou, geplaas word nie.

Kontakpersoon: Niekie Oosthuizen
041 360 1484 of stuur e-pos: kerkkantoor

Webbediening se geskiedenis

1 Maart 2014: NG Kraggakamma - Ons is God se fontein van liefde.





1 Maart 2013: NG Kraggakamma se Webbediening kry 'n nuwe baadjie





8 November 2008: NG Kraggakamma se Webbediening gaan "live"






† Na Bo †
© 2009-2024 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.