Valentynssete 2014

Rooi ... wit ... liefde ... rose ... liefdesliedjies ... kerse ... romanse ... presies wat mens van Valentynsdag verwag en dis presies wat ons gekry het!

Sommer al in die voorportaal was dit harte, rose, kerse, atmosfeer. Soos wat ek die saal betree is dit duidelik: dis Valentynsdag. Tafels feestelik versier en mense - uitgevat in rooi, wit en pienk- staan vrolik en kuier.

'Sussie en die Soutterte' lewer vermaak uit die boonste gestoeltes: vir sommiges was dit ‘n sangitem vir ander 'n komedie. Hoe dit ook al sy; vermaak was dit beslis! Dan word ons met die heerlikste voorgereg bederf waarna Mari almal romanties stem met ‘n paar liefdesliedjies. Na die hoofgereg luister ons na die strelende klank van die dwarsfluit. En toe die verrassing! Die manne word almal vorentoe geroep en onder begeleiding sing hulle vir die vrouens "˜My hartjie, my liefie" waarna hul elk vir hul vrou 'n rooi roos gee; (sug) hoe romanties .....

En nog is die einde niet. Die poeding, die poeding ..... hmmm. Wat is Valentynsdag dan nou in elk geval sonder 'n soetdingetjie? Volmaakte afsluiting vir 'n heerlike aand.

"Waar kry jy daardie hoed?" Dit was die liedjie wat in my kop vasgesteek het; en geen wonder,
want so 'n groot verskeidenheid hooftooisels sal jy beslis net in 'n "photo booth" aantref!


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 





† Na bo †
© 2009-2024 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.