Jeugkamp 8-10 Februarie 2013

Hoe moet ek nou oor myself dink?

* Waar in vind ek my self-waarde?
* Wat gee vir my betekenis?
* Wat is vir my belangrik?
* Is dit die einde van die wêreld as ek nie die 1ste rugbyspan/netbalspan haal nie?

1. Is ek spesiaal?
2. Wat maak my spesiaal?

Teken hoe jy jouself nou sien.

  Groepsessies   Ken mekaar & Konsert   Hindernisbaan
  Boeresport   Amazing race   Kombuis

Junior Jeugkamp 8 - 10 Februarie 2013

Ons is maar nog op die kerk se parkeerterrein en die kinders is reeds uit hulle nate; die opwinding loop hoog - hou kragte, hou!! Dirk kry die spulle verbasend maklik bymekaar om koppe-telling te hou en daarna val ons in die pad. In gelid durf ons die tog oor die Zuurberg aan en vat die afdraai na Addo Zuurberg Mountain Resort.

Dis WARM, maar baie hande maak ligte werk en tjoef-tjaf het ons alles afgelaai van slaapsakke tot waatlemoene. Terwyl heerlike lasagne-geure ons newels bedwelm, kry almal 'n slaapplekkie en verken die terrein. 'n Mens moet mos darem heel eerste weet waar die ablusie is …

Na aandete vergader almal in die saaltjie en is dit tyd vir lofprysing- en aanbidding. Ons is dankbaar vir die genadegawes wat elke dag mildelik oor ons uitgestort word en die wondelike voorreg om in die pragtige natuurskoon saam te wees as geheiligdes voor God.

Voordat ons kan gaan slaap, moet ons eers gees vang en mekaar goed leer ken; dis immers die begin van suksesvolle groepwerk. Dis 'die arme wewenaar', musical chairs en bekendstellings. Toe oom Dirk die opdrag "Hou hande vas" gee, het die seuns soos een man "Nee" gesê! Al die pret het ook gemaak dat ons nou weet dat dominee Veneto altyd 'n dominee wou wees, maar as hy verplig was om 'n ander beroep te beoefen, hy 'n danser sou wees. Ons kan ook na dese van sy talent getuig, want hy het dadelik vir ons 'n paar passies gedemonstreer. Oom Dirk sou graag 'n ontdekkingsreisiger wou wees en oom Werner het so 'stage fright' gekry, dat hy vergeet het dat hy wel al 'n hele paar jaar die titel 'oom' het.

Lekker gelag en moeg gespeel. Wat 'n opwindende dag. Oom Dirk sluit af met gebed en nou kan ons gaan uitrus vir môre se program.

En so breek Saterdag aan. Smaaklike kos, prettige boeresport, nuwe maats, spannende 'Amazing Race', relevante onderwerpe, bekostigbare snoepie, uitdagende hindernisbaan, lofprysing- en aanbiddingsgeleenthede, onverbeterlike potjiekos, beste konsert ooit, vriendelike kostannies, heerlike groepwerk, 'hot chocolate' met sagte pienk marshmallows, fantastiese groepleiers, sappige soet waatlemoenskywe - dít is kenmerkend van hierdie eerste Junior Jeugkamp.

Voor ons ons oë uitvee is dit Sondagoggend en huistoe-gaan-tyd. Almal is dit eens: Ons kannie wág vir die volgende een nie.

Sien jou daar!

"Dankie tannie Sonneke vir al die mooi fotos wat jy van ons kinders geneem het die naweek."



† Na bo †
© 2009-2024 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.