|
Daar's vissies in die water Daar's vissies in die water, kyk hoe swem hul rond; Daar's voëltjies in die lug en daar's diere op die grond; Daar's blomme in die velde, daar's riete in die vlei. Wie sou dit al's gemaak het? Die Here, ja, dis Hy! |
Die liefde van Jesus is wonderbaar Die liefde van Jesus is won-der-baar, won-der-baar, won-derbaar. Die liefde van Jesus is won-der-baar, won-der-baar vir my. Kom ons verheerlik sy Naam. Kom ons verheelik sy Naam. Die mense verander maar Jesus nooit, kom ons verheerlik sy Naam. |
|
Die wyse man Die wyse man bou sy huis op die rots, die wyse man bou sy huis op die rots, die wyse man bou sy huis op die rots, en die reën kom stromend neer. Die reën die val en die water styg, die reën die val en die water styg, die reën die val en de water styg, maar die huis op die rots staan vas! Die dwase man bou sy huis op die sand, die dwase man bou sy huis op die sand, die dwase man bou sy huis op die sand, en die reën kom stromend neer. Die reën die val en die water styg, die reën die val en die water styg, die reën die val en de water styg, en die huis op die sand val neer! |
Dit borrel in my Dit borrel in my want ek is so bly, Jesus het my lief. Vir my't Hy gesterf en gered van verderf Ja, Jesus het my lief. Dit borrel in my want ek is so bly, Jesus maak my lewe vry. Hy neem weg my sondeskuld, dit borrel, dit borrel, dit borrel, dit borrel, dit borrel, dit borrel in my, in my. Dit borrel, dit borrel, dit borrel, dit borrel, dit borrel, dit borrel in my. |
|
Ek wandel in die lig van God Ek wandel in die lig van God. Ek wandel in die lig van God. Ek wandel in die lig, ek wandel in die lig, ek wandel in die lig van God. |
Geskenke met Kersfees Geskenke met Kersfees en almal is bly! Maar het jy die grootste Geskenk al gekry? Die Kind, die Verlosser, deur herders geëer, Voor Hom, met geskenke, buig wyses hul neer. |
|
Lees jou Bybel Lees jou Bybel, bid elke dag, bid elke dag, bid elke dag. Lees jou Bybel, bid elke dag, want dit gee jou krag. Want dit gee jou krag, want dit gee jou krag. Lees jou Bybel, bid elke dag, want dit gee jou krag. |
Liewe Vader, ek sê dankie Liewe Vader, ek sê dankie vir die wêreld rondom my, want die hemel en die aarde het ons als van U gekry. |
|
Loof Hom met die tromme Loof Hom met die tromme, loof Hom met die harp Loof Hom met die klinkende simbale alles wat asem het loof, loof die Here alles wat asem het loof, loof die Heer |
Prys Hom met jul stemme, prys Hom uit die hart Prys Hom in die hemel en op aarde alles wat asem het, loof, loof die Here alles wat asem het, loof, loof die Heer |
|
My B Y B E L My B Y B E L het my van God vertel. Ek kan dit glo, want die woord sê so. My B Y B E L. |
My God is so groot My God is so groot - so sterk en so magtig daar's niks wat my God nie kan doen. My God is so groot - so sterk en so magtig daar's niks wat my God nie kan doen. Die berge maak Hy die riviere daarby die see en alles daarin. My God is so groot - so sterk en so magtig daar's niks wat my God nie kan doen. |
