Fonteinvriende se eerste byeenkoms in 2016

Die foto's vertel dat die Fonteinvriende baie lekker saam gekuier het. Oom Jan en sy komitee het regtig uit hul pad gegaan om dit vir almal baie lekker te maak. Ons het lekker gesmul aan die sosaties, wors, vars slaaie en heerlike broodjies. Moenie van die poeding vergeet nie!

Ds MG en Francois was darem daar om 'n ogie te hou. Rudolph Britz met sy wonderlike gawe van sang en musiek het luister aan die geleenheid verleen.

Ons het lekker saamgekuier en nooit vergeet van die genade en liefde wat ons so onverdiend ontvang nie. Dankie, Jesus. [Ingestuur deur Cobus van der Vyver]

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


† Na bo †
© 2009-2024 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.