Ds Deon Els se bekendstelling

Woorde van Verwelkoming:
* Afgee van Ds. Deon deur Hansie du Plessis namens NG Kerk Somerset-Oos
* Pierre rootman verwelkom Ds. Deon namens die NG Kerk Kraggakamma
* Roenel van Rooyen verwelkom Liesel Els
* Ds Deon Els se antwoord
* Almal word uitgenooi om na die tyd saam te kuier in die saal

Dagsê,
Oor die laaste paar weke moes ons totsiens sê vir mense van alle ouderdomme, agtergronde en instansies wat oor die laaste 5 jaar ons vriende geword het. En soos jy miskien mag weet is die handeling van "groet" selde maklik - om jouself los te maak van wat agter is en aan te beweeg.

Vandag betree ons saam met elke lidmaat en toekomstige vriende (ongeag van ouderdom) 'n nuwe hoofstuk. Ons sien uit om nuwe vriende te maak, saam karoo skaap-tjops te braai, goeie koffie te drink, saam te bid en saam te leer van God se werking tussen mense. Ons word del van die storie wat God self besig is om te skryf met hierdie wonderlike geloofsgemeenskap langs ie Baakensvallei. Die Here is besig om te werk in NG Kraggakamma en haar mense - daarvoor is geen twyfel en juis om daardie rede voel ons dat ons hierdie pad saam met julle kan stap.

Dankie, vir elke gebed, elke vriendelike groet en elke koffie uitnodiging.

Vriendelike groete
Deon & Liesel

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


† Na bo †
© 2009-2024 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.