Belydenisaflegging 2017

Die volgende jongmense het die 5de Februarie 2017, belydenis van geloof afgelê:
Ruan Botha, Frans Krause, Izel Lambrechts, Paul-Leon Lourens, Karla Muller, Shaun Oosthuizen,
Leah Nel, Jacques Janse van Rensburg, Ansunel van Rooyen, Janre Viljoen, Nicole Westraad.


 

Finalejaars se Motivering
Ruan Botha - Ek wil weer voor almal bevestig dat ek 'n kind van God is.
Frans Krause - Ek wil graag aan my ouers wys dat hulle goed gedoen het in hul taak om my as gelowige groot te maak en ek wil graag voor my vriende bely dat ek 'n Christen is sodat hulle my, en ek vir hulle, kan ondersteun wanneer ons dit in die wêreld gaan uitleef.
Izel Lambrechts - Ek wil God se Woord met ander deel en wil hê mense moet bly wees daaroor. My geloofsbelydenis beteken vir my om voor God en Sy gemeente te bely dat ek Sy kind is. Deur die belydenis erken ek my liefde aan my God drie-enig en ek sal Hom dien en liefhê.
Paul-Leon Lourens - Ek glo dat Jesus Christus my Redder is. Ek glo dat die Bybel die waarheid is. Ek wil graag na die beste van my vermoê vir die Here leef.
Karla Muller - Ek wil voor my gemeente bely dat ek die Here as my Verlosser aanvaar het sodat ek ondersteuning en liefde van 'n Christelike familie kan ontvang en ook om mede- Christene in die gemeente te kan ondersteun en lief te hê. Ek wil hardop my toewyding aan die die Here bely.
Shaun Oosthuizen - Ek wil voor almal nog 'n maal getuig dat ek 'n kind van die Here is en in Hom sal glo en vertrou tot in die moeilikste van tye. Ek wil hê almal moet weet/sien dat ek net vir die Here lewe en vir niemand anders nie en dat my lewe ten volle in Sy hande is en alles wat ek doen vir Hom is.
Leah Nel - Ek wil belydenis van geloof aflê nie omdat ek voel ek moet nie, maar omdat ek werklik wil. Ek wil voor die gemeente 'n belofte maak om my hele lewe lank die Here te volg, te aanbid en sy wil vir my lewe te soek en daaraan getrou te bly. Ek wil my verhouding met die Here hierdeur, daagliks, laat versterk. Ek wil bely dat ek Sy kind is en altyd sal wees. Ek het gekies om in Sy voetspore te volg en hierdie is net 'n bewys daarvan vir my gemeente en die res van die wêreld.
Jacques Janse van Rensburg - Omdat ek 'n kind van die Here is en Hy in my hart is.
Ansunel van Rooyen - Ek wil belydenis van geloof aflê om vir die mense in my lewe: familie, vriende en kategete te sê: "dankie vir julle leiding, raad, ondersteuning en dat ek in 'n Christelike huis en omgewing kon grootword", maar nou is dit my beurt om onafhanklik van julle en afhanklik van God te sê en belowe:
"Neem my lewe, laat dit, Heer
U gewy wees meer en meer
Laat my hart gedurig juig
En van dankbaarheid getuig!"
Janre Viljoen - Ek lê belydenis van geloof af sodat ek hardop voor God en die gemeente kan bely dat ek glo in Christus, my Verlosser. Omdat ek Sy kind is, wil ek Hom gehoorsaam en dien.
Nicole Westraad - Ek het die Here lief en ek wil graag 'n belofte aan Hom en myself maak om Hom altyd te dien ten spyte van my omstandighede en om my lewe ten volle aan Hom toe te wy en Hom lief te hê.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 





† Na bo †
© 2009-2024 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.