Voorsitter van die kerkraad

MG van Rooyen
Kontakbesonderhede: 041-3600665 of 0834137100
E-pos: mgvanrooyen@telkomsa.net

Kol 3 vers 23 vir my lewe en 1 Kor 2 vers 1-5 vir die bediening.

1. Watter herinneringe aan jou kinderdae staan vir jou uit?
Ek het grootgeword en matriek geskryf op Steytlerville. Die eerste woorde wat by my opkom as ek terugdink aan my kinderdae is gelukkig, sorgvry en vol vreugde. Ons wêreld was maklik en veilig. Omdat my ouers onderwysers was, is ons byna elke vakansie see toe. Tydens my hoërskooldae het ons in 'n plaashuis, wat ons gehuur het, omtrent 5 km uit die dorp uit gebly. Skool toe kon ons saam met ons ouers ry. Vir buitemuurs en enige ander aktiwiteite moes ons fietstrap dorp toe. Sewe uur elke aand moes ons by die huis wees. Baiekeer is die fietse stukkend getrap as ons te lank op die dorp gekuier het. Ek praat nie, soos 'n dominee, oor myself as ons nie. Ek het 'n tweelingbroer, daarom praat ek van ons. Oor my kinderjare kan ek nog baie staaltjies vertel. Vandag kyk ek met groot dankbaarheid terugkyk na lekker kommerlose jare met besondere mense wat aan my help vorm het tot wat ek vandag is.

2. Watter interessante draaie het jy al deur die lewe geloop?
Ek het was meer op die gewone pad as wat ek interessante draaie geloop het. Na skool het ek op Kovsies gaan studeer. Daarna is ek weermag toe. Ek het as dienspligkapelaan by Genieskool in Kroonstad gedien. Na weermag het ek vir 6 maande as proponent by die Najaarsrus outehuis in Parys gaan werk. Roenel het begin skoolgee in Odendaalsrus. Ons was toe al verloof. Gereeld is daar met groot opgewondenheid gevra oor die verlowing en die ring en alles wat daarmee saamgaan. Maar as mense gehoor het dat haar verloofde in die ouetehuis is, het die gesprek net daar geëindig. Septembermaand 1991 is ek bevestig by die NG Kerk Kroonheuwel-Noord in Kroonstad. Desembermaand van dieselfde jaar is ek en Roenel getroud. Die Here het vir ons 'n rukkie laat wag vir ons 2 kinders, Annalien en Marius. Na meer as 21 wonderlike jare vol genade in Kroonstad het Hy ons Kraggakamma toe geroep. Nou is ons al 'n jaar lank hier en stadig maar seker besig om wortel te skiet.

3. Wat doen jy as jy nie werk nie?
Ek wens ek kon vinnig antwoord, maar ek het nie 'n stokperdjie nie en is nie op die stadium aktief wat enige oefening aan betref nie. Vrye tyd is baiekeer sommer net aftyd. Ek kuier, woel in en om die huis en tuin en kyk sport. My gunsteling sport is rugby, maar ek geniet ook tennis en die korter formaat van krieket. My gunsteling rugbyspan het ongelukkig nie verlede jaar enige trofeë huis toe gebring nie. Maar 'n nuwe jaar lê voor. Na 'n jaar by die see moet ek erken dat ek nog nie geleer visvang of "surf" het nie.

© 2009-2019 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.