MTR Smit - Huisie 8


Van mure skuur, badkamers verf tot die mooimaak (die lekker deel!) van die huis, was vir my as mens - en ma van my eie "bevoorregte" kinders - 'n absolute seën en verrykende ervaring.

God se hand was groot in die opknapping van Huis 8: elke persoon wat kom hand bysit het, die wat kos aangedra het, persone wat skenkings gemaak het - die projek was van dag een af 'n seën en ek glo ons as gemeente is ryklik deur hierdie projek geseën.

Die 12 pragtige meisies van Huis 8 was heeltemal oorweldig met dit wat hulle Sondagaand met hul terugkoms na die vakansie gesien het; die liefde en omgee van hul medemens en die liefde van God wat heeltyd saam met ons daar was.

Ingestuur deur Jenny Stokes


God voorsien! Wonderwerke gebeur nog! Ons het nie gedink dit is moontlik nie, maar met God kan ons alles doen.
Dit was wat ons geleer het uit die vakansie se MTR Smit Huis 8-projek.
Waar het dit begin? Op 'n VIA (Vroue in Aksie) whatsApp dui Louisa en Linda aan dat Huis 8 nogal aandag nodig het. 'n Paar foto's is versprei en toe steek die Here 'n vuurtjie in ons harte aan die brand. Ons gemeente is verantwoordelik vir Huis 8 en God het daardie dogters op ons harte kom plaas. Ons weet nie hoe nie, maar ons moet hulle huisie regmaak. Dit moet 'n plek wees waar hulle weet wat liefde is ... 'n plek waarheen dit lekker is om na die skooldag te gaan.
Vanaf 1 Julie 2013 is daar hard gewerk; manne, vroue en kinders (die jongste seker so 7 jaar en die oudstes - wel, hulle is al afgetree) het saam kom werk aan die wonderwerk!!! Ander persone het weer vooraf gewerk. Beddegoed vir elke bed. Gordyne. Ligte. Kaste! Verf! Verwers ... verversings en etes vir almal wat hard werk. Waar ons aanvaklik net aan die slaapkamers en badkamers sou aandag gee, kon ons die hele huis uitverf. Kombuiskaste herstel. Alle ligte regmaak of vervang. Die dakteëls regmaak, facia's afskuur en vernis.
Met 'n kuier by die dogters van die huis op die eerste dag na hul terugkeer van die vakansie, kon ons getuig dat God wonderwerke doen. Ons kon vir hulle sê (en wys) dat Jesus vir hulle lief is en dat dit die rede is hoekom ons dit gedoen het.

Wat het hieruit voortgevloei?
Nie net is die huis vir dogters herstel nie - elkeen wat betrokke was kon beleef hoe God ons gebruik.
Gemeentelede het mekaar leer ken - hulle het sommer soos familie begin voel!!
Vroue begin dink hoe hulle op 'n deurlopende grondslag by die dogters betrokke kan raak deur dalk vir die kinders opbouende programme aan te bied of te help met huiswerk.
Die seuns van huis 7 is geinspireer en wil nou sommer self hulle huis ook regmaak!

In ons harte is 'n GROOT dankie vir elkeen se hulp en al die skenkings. Sonder julle sou dit nie moontlik wees nie! God seën ons met talente, geld, geleenthede ...... om ander te seën!

Beplannningskomitee:
Linda Rossouw, Louisa van der Vyver, Hennie Oosthuizen, Sonja Redpath, Jenny Stokes, Roenel van Rooyen, MG van Rooyen, Marie Rootman.
Ingestuur deur Roenel van Rooyen

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 



† Na Bo †

© 2009-2019 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.