Kraggakamma Mannebediening


Wie is ons?

Manne van Kraggakamma (jonk en ouer) wat 'n behoefte het om saam te kuier, saam te bid en saam in Die Woord te delf.

Ons het 'n WhatsApp-groep waarop ons lief en leed deel en mekaar ondersteun.
Wat doen ons?

Vroeg in 2017 is die behoefte onder manne geidentifiseer om iewers in ons besige programme tyd af te knyp om saam te kuier en saam te aanbid.

Ons kom 05h00 elke Vrydagoggend bymekaar by Lilylaan 68, drink saam koffie, sing lekker saam en gesels uit Die Woord.

Ons volg nie huidiglik 'n Bybelstudie-kursus nie en gesels oor geestelike onderwerpe soos die Gees ons lei.
Alles gebeur spontaan sonder druk van enige aard.
Hoe kan jy by ons inskakel?

Stel jou wekker vir net voor 05h00 Vrydae
en kom geniet die uur saam met ons.

Insette vir meer behoeftes en voorstelle vir groei is baie welkom.

Kontak gerus vir
Elandre Bosch by 084 812 4645




† Na Bo †
© 2009-2019 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.