Wie is ons?

Pierre Rootman = Voorsitter
Colyn Scheltema (Sekretaris)
Peter Crous
James von Wielligh
Wat doen ons?

Die diensterrein Diensverhoudinge bestuur alle diensverhoudinge tussen die werkgewer, in hierdie geval die Kerkraad, en al sy werknemers.
Hoe dien ons die gemeente?

Hou toesig oor en bevorder die toepassing van billike arbeidspraktyke.
Hou toesig oor die doeltreffendheid van alle werksprosesse en infrastrukture.
Bevorder goeie arbeidsverhoudings en aangename werksomstandighede.
Verseker die nakom van die kerkordelike bepalings en opstel van pre-advieslyste.
Streef ook daarna om op Christelike wyse probleme en geskille te besleg.
Wyke se Indeling

ADMINISTRASIE EN DIENSVERHOUDINGE BEKENDSTELLING POWERPOINT

Wil jy graag jou kennis en talent beskikbaar stel om die gemeente te dien?
Skakel asseblief die Kerkkantoor 041 360 1484
Dr Pierre Rootman (Diensverhoudinge) by 041 360 3359


Daan Venter, Anita, Esterhuizen, Niekie Oosthuizen, MG van Rooyen,
Kidwell Silingela, Gloria Danster, Deon Els, Bethwell Silingela.

Ietsie meer persoonlik
    Watter herinneringe aan jou kinderdae staan vir jou uit?
MG Ek het grootgeword en matriek geskryf op Steytlerville. Die eerste woorde wat by my opkom as ek terugdink aan my kinderdae is gelukkig, sorgvry en vol vreugde. Ons wêreld was maklik en veilig. Omdat my ouers onderwysers was, het ons byna elke vakansie see toe gegaan.
Tydens my hoërskooldae het ons in 'n plaashuis, wat ons gehuur het - omtrent 5 km uit die dorp - gebly. Skool toe kon ons saam met ons ouers ry. Vir buitemuurs en enige ander aktiwiteite moes ons fietstrap dorp toe. Sewe-uur elke aand moes ons by die huis wees. Baiekeer is die fietse stukkend getrap as ons te lank op die dorp gekuier het. Oor my kinderjare kan ek nog baie staaltjies vertel. Vandag kyk ek met groot dankbaarheid terugkyk na lekker kommerlose jare met besondere mense wat aan my help vorm het.
Deon Om te reflekteer oor my pad tot waar ek myself vandag bevind, gee my net vreugde. Die wyse waarop ons grootgemaak is, laat min ruimte om nie jouself te kan ontdek nie. Die vele rugby finale in die voortuin saam met my broer, week braais, "road trips" en etes om die tafel staan vir my uit.
Anita Ons grootwordjare op 'n karooplaas en my ma - wat 4 dogters alleen moes grootmaak na my pa se dood - se invloed op ons lewe.
Niekie Vakansies by die see. Ek het in Pretoria groot geword. Ons het dus Julie-vakansies Natal toe gegaan.
Daan Die plaasatmosfeer waarin ek groot geword het: koeie melk, varke, hoenders en eende. Ek mis dit.
Benji Toe ons as gesin met 'n treinvakansie na my oom in Pretoria toe is.
Gloria Ek het op 'n plaas in Cradock-distrik groot geraak. Ek is een van sewe kinders. Dit was moeilike jare, want my ouers het finansieël gesukkel.
Bethwell Ons het in Alexandrië-omgewing gebly. Ek het baie ver skool to geloop. Naweke het ek beeste opgepas teen 20c per dag.
Kidwell &bnsp


    Watter interessante draaie het jy al deur die lewe geloop?
MG Ek was meer op die gewone pad as wat ek interessante draaie geloop het. Na skool het ek op Kovsies gaan studeer. Daarna is ek weermag toe. Ek het as diensplig-kapelaan by Genieskool in Kroonstad gedien. Na weermag het ek vir 6 maande as proponent by die Najaarsrus outehuis in Parys gaan werk. Roenel het begin skoolgee in Odendaalsrus. Ons was toe al verloof. Gereeld is daar met groot opgewondenheid gevra oor die verlowing en die ring en alles wat daarmee saamgaan. Maar as mense gehoor het dat haar verloofde in die ouetehuis is, het die gesprek net daar geëindig!
Septembermaand 1991 is ek bevestig by die N.G. Kerk Kroonheuwel-Noord in Kroonstad. Desember- maand van dieselfde jaar is ek en Roenel getroud. Die Here het vir ons 'n rukkie laat wag vir ons 2 kinders, Annalien en Marius. Na meer as 21 wonderlike jare in Kroonstad het Hy ons Kraggakamma toe geroep. Tot hier het ons 'n meer geseënde as interessante pad geloop.
Deon Die boek van Prediker kom op in my gedagtes as die skrywer ons daaraan herinner dat 22ons die lewe met vreugde en waagmoed kan aandurf, want selfs dit is 'n gawe van God. Die herinneringe wat ek koester oor die draaie in my lewe, is selde oomblikke of gebeurtenisse wat ek weg van ander of weg van die Here beleef het. Die voorreg wat ek gehad het om saam met ander te werk in Danville, Jakaranda Kinderhuis, Diepsloot Soweto, Transkei of selfs bloot om saam met mense in geloof te wandel, staan vir my uit. Miskien is die groter draai in my lewe (en my pa se beursie) die een jaar wat ek bedryfs-ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria gestudeer het. Die grootste voorreg is om saam met ander die draai van die lewe te stap.
Anita Ek het 5 jaar in Windhoek (waar die natuurskoon pragtig is) gebly &
- deel van 'n toergroep deur Europa
- om op die Oranjerivier saam met ons selgroep te gaan roei!
Niekie Die eerste uitdun-rondte van Koekedoor in 2014. Dit is 'n ondervinding wat ek nie gou sal vergeet nie.
Daan Jag in Namibië. Wyn en mampoer gestook. Aktief aan sport deelgeneem, veral aan marathonne.
Benji Dis seker nie die mees interessante draai nie, maar iets wat my altyd sal bybly, is die 13 maande wat ek as fabriekarbeider in Engeland gewerk het.
Gloria Ek het al in Kaapstad en Durban gewoon. Ek het 2 kinders.
Bethwell Ek het ook 'n ruk in King William's Town gewoon. Ek het 6 kinders.
Kidwell  


    Wat doen jy as jy nie werk nie?
MG Ek wens ek kon vinnig antwoord, maar ek het nie 'n stokperdjie nie en is nie op die stadium aktief wat enige oefening aan betref nie. Vrye tyd gaan in kuier, woel in en om die huis en tuin en ook sportkyk, veral rugby, in. Die span wat ek ondersteun, maak egter tans dat ek oorweeg om meer te kuier en tuin te maak.
Deon In hierdie opsig sal ek myself beskryf as 'n "jack of all trades and a master of none". Oor die loop van my lewe het ek agtergekom dat my belangstellings-veld net so wisselvallig is soos die vier seisoene van die jaar. Onder die speelgoed wat ek besit is surf boards, mountain bikes, gholfstokke, bass visstokke, 'n woelige skaaphond en 'n virgin active gym-kaart. Binnehuis fokus ek my aandag op navorsing wat verband hou met die ontwikkeling van operasionele leiers in die Verenigde Nasies. Temas waarin ek veral belang stel en waaroor ek lees, sluit in die misbruik van menseregte, ongeregtigheid en konflik in die veld van Afrika-politiek. Die beste deel van my tyd bestee ek saam met my familie en goeie vriende.
Anita Naaldwerk, skilder, lees
Niekie Bak, doen scrapbooking en is lief vir blokkiesraaisels.
Daan Speel orrel, trekklavier en mondfluitjie. Lees storieboeke.
Benji Ek is baie lief vir toer en gaan graag oorsee wanneer ek lank genoeg gespaar het.
Gloria Ek speel graag sokker en netbal.
Bethwell Ek hou van televisie kyk en musiek luister.
Kidwell  


† Na Bo †
© 2009-2019 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.