Spreuke 31 vers 10 NLV: Waar sal jy 'n knap vrou kry? 'n Goeie vrou is meer werd as edelstene.

Ons droom: Hernu jou passie vir God!
Onthou jy toe jy verlief was? Het jy onlangs 'n verliefde tiener met 'n selfoon beleef? Daar is geen manier waarop hul enige whatsapp - veral nie die vanaf 'n spesiale persoon - sommer sal ignoreer nie. Nee, dadelik moet hul sien wat gestuur of gesê word. Het ek en jy nog daardie amper vurige verwagting om te hoor wat God sê en op Sy stem te reageer? Daarom ons droom: mag ons in elke aktiwiteit of saamwees weer ons passie vir God hernu.

Wie is ons?

Ons is vroue vanuit die gemeente
Voorsitter: Dossie Nortje
Onder-Voorsitter: Roenel van Rooyen
Finansies: Marlene Postma
Sekretaresse: Anita Esterhuizen
Ander lede: alle gemeentevroue
Wat doen ons?

Ons ondersteun die volgende instansies finansieel en met raad en daad: Louisa Meyburgh, MTR Smit Kinderoord en Quad Huis. Ons reik uit en bedien ons bejaardes. Ons reël vrouekampe en retraites.
Hoe kan jy by ons inskakel?

Ons gemeentevroue is geseën met vele talente en gawes en ek vertrou dat jy jou gawe wil kom aanwend tot eer van God. Skakel gerus enige bestuurslid en kom leef jou roeping uit!

Kontak gerus vir Dossie Nortje
082 957 6084

Wil jy saam kom groei en dien? Word deel van ons aktiwiteite! Bid en besluit waar jy betrokke wil raak.
Indien jy nog voorstelle het - kontak ons gerus.

Wêreldbiddag vir Vroue: 1 Maart 2019
Dit is vanjaar die 89ste jaar dat die Wêreldbiddag vir Vroue in Suid-Afrika gevier word. Die Wêreldbiddag het in 1887 in die VSA in die Presbiteriaanse kerk ontstaan, toe 'n klompie vroue baie besorg was oor die swaarkry van vroue en kinders in slawerny. Die beweging het toe spontaan uitgebrei, na waar daar op die eerste Vrydag in Maart nou al in 150 lande presies dieselfde program gevolg word. Dit is 'n absolute wonderwerk dat die beweging 132 jaar al aan die gang is, sonder onderbreking!
In Suid-Afrika het die Wêreldbiddag vir Vroue in 1930 in die Wes-Kaap begin. Die deelnemende lande kry elkeen 'n beurt om die program saam te stel en die wonder daarvan is dat daar op hierdie dag vir 24 uur dwarsoor die wêreld presies dieselfde program deur derduisende Christene gebid word. Dit is nogal 'n gestoei om voorsiening te maak vir die variasie in kerke wêreldwyd. Daarom volg ons die program soos die betrokke land dit opgestel het, maar gee ruimte vir gemeentes wat 'n bietjie wil afwyk.
Ons nooi alle vroue uit om die Wêreldbiddag op 1 Maart by te woon. Die tema kom uit Lukas 14 vers 12-24: "Kom – Alles is gereed!" Slovenië is die Skrywerland. Kyk ook na hierdie kunswerk.
[Joa van Aarde Grens.Pos – Nr 5 - 15 Februarie 2019]



† Na bo †
© 2009-2019 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.